Kyk hier onder na my nuutste musiekvideo, Twee Is Beter As Een

Klik hieronder om een van my albums te koop

Brendan bereik groot hoogtes

Brendan Peyper wys waarom hy een van Suid-Afrika se mees in-aanvraag kunstenaars is met sy blinknuwe album, “Hy loop oop” – ‘n album wat pols met lekkerkry en hom deur niks sal laat stuit nie!

Brendan het landswyd opslae gemaak en aanhangers oorgewen met ‘n stem wat knieë lam kan sing, energiebelaaide ritmes en ‘n ryk vermenging pop- en countryklanke met ‘n sterk akoestiese ondertoon. Die nuwe album bied dit alles en meer in 15 uitsoeksnitte, waar elektro-elemente ook by hierdie wenresep ingemeng is.
Less meer

Luister hieronder na 'n voorsmakie van my nuutste album, Hy Loop Oop



Van danssnitte soos “Hy loop oop”, “Vanaand sê ek net ja”, en “Net ‘n bietjie”, tot twosteps soos “Ek gee jou my woord”, regdeur tot by rustiger snitte soos “Twee is beter as een”, “Jou mond is in die pad” en “Sal jy my vergewe” is hierdie album een wat aan ‘n wye verskeidenheid musieksmake sal voorsien en jou nie vir soveel as een snit sonder ‘n glimlag op jou gesig sal laat nie.

Lees hieronder wat in my loopbaan gebeur

May 8, 2017

Brendan weer op die Krone-verhoog

  Die gewilde saamsing jol, Krone is terug op die planke! Krone 4, wat plaasvind op 28, 29 en 30 Julie by Carnival City in Johannesburg, […]
May 8, 2017

Musiekvideo tref met 1 miljoen kyke

        Brendan Peyper se debuut musiekvideo, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie het onlangs een miljoen trefslae op YouTube geniet. Dié musiekvideo wat […]
May 8, 2017

Brendan Peyper se nuwe album loop oop

  Brendan Peyper wys waarom hy een van Suid-Afrika se mees in-aanvraag kunstenaars is met sy blinknuwe album, Hy Loop Oop – ’n album wat pols […]

Navrae en besprekings

Navrae & Besprekings:
Carmen Kleinhans
[email protected]
(+27) (0) 83 325 7922

Media-navrae:
Tania Fourie
[email protected]
(+27) (0) 72 194 2794

Klik hieronder om my nuutste album te koop